BirdLife Stellenbosch
BirdLife South Africa

BirdLife Stellenbosch


About
Events
Route Directions
Links
Shop
Bird galleries

Bird ID Template

Home

Cardinal Woodpecker

Kennisgewing
Announcements

This is the Afrikaans newsletter, which members receive by email. Please ask Willene for an English version

Members can order bird books, wildlife books and other material from us directly, at a reduced price.
Phone Willene van der Merwe (photo)    082 567 8631
Please let us know if you want anything you do not find at the shop!

January 2007

Beste Lid,

Baie welkom by ons klub se aktiwiteite vir 2007. Dis altyd baie lekker om enige nuusbrief op 'n hoë noot te kan afskop. Die goeie nuus is dat beide Tygerberg sowel as Somerset Wes klubs hulle by BirdLife SA aangeluit het. Net daarna het Weskus ook by BirdLife SA aangesluit. Hierdie aksies maak BirdLife SA geweldig sterk en verteenwoordigend wat so uiters belangrik is wanneer ons sake van gemeenskaplike belang moet hanteer. Dit is ook goed om te kan rapporteer dat die stigting van 'n klub in Paarl, Worcester en Graaf Reinette binnekort gaan plaasvind.
Kommunikasie. Soos voorheen gestel, word die webwerf as basis gebruik om alle klubaktiwiteite aan te dui. U sal vroegtydig van detail betreffende elke aktiwiteit ingelig word. Ons gebruik die nuusbrief hoofsaaklik vir Afrikaanse kommunikasie terwyl die webwerf hoofsaaklik in Engels bedryf word.
Die voorlopige beplanning vir die jaar se aktiwiteite. Dit is slegs 'n raamwerk en sal opdateer word soos ons meek aktiwiteite bekend stel.
Belangrike datums
Lokaal.
Die bestuur is tans met onderhandelinge besig om 'n permanente lokaal te bekom vir die maandelikse praatjies.
Ledelys Administrasie. Neem asseblief kennis dat die ledelys van ons klub sentraal vanaf BidrLife SA bestuur word. Pieter la Grange is u plaaslike bestuurslid wat na ledelys sake omsien. Indien u enige navrae of probleme ondervind, kontak assblief direk vir Pieter by 082 466 7330. Aansoekvorms is op ons webwerf beskikbaar. BirdLife SA sal dus aan u die hernuwingsrekening vir u lidmaatskap stuur. U word egter versoek om enige foute met u lidmaatskap direk met een van die bestuurslede op te neem.
Flight for Beginners. U sal merk dat 'Fleight for Beginners' geskeduleer is vir 3 & 4 Maart, waar 4 maart op 'n Sondag is. Hierdie is egter die enigste tyd wat beskikbaar is vir Dr Odendal en ons vra by voorbaat om verskoning dat dit wel op 'n Sondag ook aangebied word.
Webwerf. www.stellenboschbirds.com
Hierdie webwerf word goedgunstiglik instand gehou deur Rosemarie Breuer. Besoek dit gerus en stuur u fotos in om gepubliseer te word.

Vriendelike groete

Nico Venter

082 5727 602
021 887 6418


5/10/2006

Beste Lid,

Die stigtingsvergadering het almal se stoutste verwagtinge oortref. Die klub groei daagliks en tot op datum het ons 83 lede.
Die aanvanklike komitee bestaan uit Willene van der Merwe, Pieter La Grange, Kevin Shaw, Marriane Coetzee en Nico Venter. Die komitee sal later uitgebrei word. Ons benodig nog die dienste van 'n nuusbrief redakteur en laastens, maar baie belangrik, 'n entosiastiese winkelier om BirdLife SA se items te verkoop aan lede.

Events
Aangeheg vind u die skedule van die beplande aktiwiteite tot en met die eerste Algemene Jaarvergadering in Februarie 2007. Hierdie is slegs die voorlopige beplanning en dit kan nog moontlik verander. Daar sal beslis nog items bykom namate die tyd verstrek.

Kommunikasie.
Die epos sal as hoofstroom kommunikasie middel gebruik word. U kan verseker wees dat die epos adreslys slegs op my rekenaar en BirdLife SA se rekenaars is. U het ons onderneming dat die lys onder GEEN omstandighede aan ander partye beskikbaar gestel sal word nie. Lede wat nie oor epos fasiliteite beskik nie sal per slakkepos op hoogte van sake gehou word. In noodgevalle is die groep opgedeel in selle met elke komitee lid verantwoordelik om met sy sel te kommunikeer. Willien en Nico sal op hiedie stadium die meeste vrae kan beantwoord. Ons selfoonnommers word onderaan gegee. Ons sal verkies indien die oproepe nie in kantoorure geskied nie.

Taalgebruik. Die klub is oorwegend Afrikaans. Die komitee het in beginsel besluit om alle korrespondensie tussen lede in Afrikaans te hou. Engelsprekende lede sal egter hulle kommunikasie in Engels ontvang. U kan ter enige tyd u voorkeur taal verander, ons akkomodeer u versoek graag. Amptlike kommunikasie met buite instansies sal hanteer word, soos die situasie dit regverdig.

Sosiaal. Sommige klublede het alreeds 'n versoek gerig dat die klub so spoedig moontlik sosiaal bymeen kom ten einde mekaar beter te leer ken. Meer besonderhede sal nader aan die tyd deurgestuur word. Schalk Visser en José Gongulho het hulle plaas vir die eerste sosiale aktiwiteit beskikbaar gestel. By voorbaat baie dankie. Die datum is 11 November 2006 om 16:00. Meer detail volg nader aan die datum. Die formaat gaan 'n voëlkyk en braai wees.

Algemeen.
Lidmaatskap. Alle aansoeke en fooi van die lede is deurgestuur na BirdLife SA. U sal mettertyd ook 'n skrywe vanaf hoofkantoor in hierdie verband ontvang.

Ons hoor graag van lede indien u enige spesiale versoeke en of onderwerpe van bespreking vir die maandlikse praatjies het.
Vriendelike groete

Willene van der Merwe   082 567 8631

Nico Venter   082 572 7602

Load down the Membership Application form (pdf file)

up

Cardinal Woodpecker    Dendropicos fuscescens
© Jill Adams (in Richard Liversidge, The Birds Around us)

© StellenboschBirds.com
Join Us!
BirdLife Stellenbosch Branch
P O Box 344   Stellenbosch 7599   
greencard at telkomsa.net
Webmaster